| Silver Notes Musiek Skool is ‘n projek wat deur Michelle op die been gebring is vir potensiële studente wat ’n liefde en passie vir musiek het.
Indien jy in die Pretoria oos area bly en jy musiek as 'n stokperdjie of op professionele vlak wil beoefen, moenie skroom om vir ‘n oudisie te bespreek nie. Michelle gee onderrig in sang vanaf ‘n beginners- tot op ‘n gevorderde vlak in die klassieke- en ligte genre.
Onderrig in klavier op beginners- en intermediêre vlak word ook aangebied.
Gereelde konserte sorg vir opwinding, afronding en hope pret en plesier vir studente, vriende, familie en ouers.
Vir meer inligting of om vir ‘n oudisie te bespreek:
|